⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 OTTOSDAL📌

POGING TOT KAPING
Vrydag 20/12/2019 om 18:56 is daar op ons ‘OPS’ groep vir bystand gevra op Ottosdal vir ń dame met ń wit Fortuner wat oppad is vanaf Hartbeesfontein na Delareyville. Daar was 2 voertuie wat haar van die pad af probeer druk.
Frans Hugo van Oorgrens Veiligheid het die dame opgemerk by die 4rigting stop en sy is deur Ottosdal.
Awie, Bettie, Kobus en Janet NCA NW Reaksie lede het die 2 voertuie in die dorp dopgehou en die voorval by SAPD aangemeld terwyl Pieter so 10km buite Ottosdal op die Delareyville pad die dame ingewag het om seker te maak sy word nie agtervolg nie.
Pieter het laat weet hy het met die dame gepraat en sy is veilig by hom weg om 19:15.
Om 19:40 het die dame my laat weet sy is veilig in Delareyville. Ons staan af.
🤝🏻Baie dankie🤝🏻
Awie en Bettie van Staden NCA NW REAKSIE
Kobus en Janet Jordaan NCA NW REAKSIE, Pieter Kriel NCA NW REAKSIE en Frans Hugo van Oorgrense Veiligheid vir jul puik en vinnige optrede. Julle is ware Staatmakers.🎖
Faan Swanepoel NCA NW Reaksie

Leave a Reply

Your email address will not be published.