Spanwerk tussen NCA Noordwes en Gauteng Reaksie
Woensdag
2 September 2020
15:00
Een van ons lede het met Faan Swanepoel in verbinding getree. Haar motor het onklaar geraak op die N4, by die R80 afrit, onder die brug. Faan het die boodskap sowel as ń pindrop deurgegee aan NCA Gauteng Reaksie omstreeks 15:00.
Gauteng Reaksie het gereël vir ‘n insleepdiens om hulle te assisteer, insleepdienste was op toneel, maar die lid kon nie die insleepdienste bekostig nie, maar Anton van die insleepdienste se ma het onderneem om die lid OR Thambo toe te neem, om haar seun te gaan haal, wat sou arriveer vir ‘n begrafnis. Anton se ma het die vrou en haar seun teruggeneem tot by die voertuig waarna hulle van die toneel afgestaan het.
Hulp was wel onderweg vanaf Rustenburg om hulle by te staan en terug te neem huis toe.
Terwyl hulle vir die hulp gewag het is hulle aangeval omstreeks 18:55. Sy het op Zello ingeroep en Faan het alles weer deurgegee na NCA Gauteng Reaksie om bystand te lewer. Hulle het dadelik gereageer en SAPD sowel as Ambulans dienste is ontbied. Hulle was vinnig op toneel.
Die mense is op toneel behandel waarna hulle in die voertuig wat van Rustenburg af onderweg was geklim het en teruggeneem is huis toe.
NCA Gauteng Reaksie het ook insleepdienste gereël wat die voertuig terug gesleep het na Rustenburg.
Almal het in Gauteng afgestaan.
Omstreeks 22:00 was die lede terug in Rustenburg, Noordwes.
Daar is redelike skade aan die voertuig. Die ruite is uitgegooi met klippe, passasiers het kopwonde opgedoen, van die klippe. Die dame het krapmerke aan haar lyf soos hulle die klere van haar lyf probeer afskeer het. Die bystand was egter baie vinnig daar en die booswigte het gevlug met ‘n foon.
Ons wil graag die volgende bedank:
Ockert en sy span van NCA Gauteng Reaksie
SAPD en Ambulans dienste vir hulle vinnige optrede en bystand
Suzaan van NCA Mpumalanga Reaksie wat die insleepdienste gereël het
Anton se ma
Die insleepdienste vir hulle uitstekene onbaatsugtige diens en Faan Swanepoel van NCA Reaksie Noordwes
Die dame spreek ook haar innige dank teenoor alle betrokke partye uit, hulle waardeer almal se hulp.