04/10/2020
14:41
Polokwane
NCA Limpopo
‘n Verdagte is aangekeer na diefstal op ‘n kleinhoewe van gereedskap waarna hy dit probeer verkoop het. SAPD is ontbied, hulle het egter gevra dat ek die verdagte polisie stasie toe moet neem aangesien hulle nie ‘n voertuig beskikbaar het nie.
Die verdagte was geboei, met aankoms het hulle gevra dat ek dit moet verwyder, dat dit nie nodig was nie.
Ek het gehoor gegee aan die versoek, die verdagte het egter dadelik gevlug waarna ek hom te voet agterna gesit het, maar kon nie byhou nie.

Baie dankie
Martin van Schalkwyk
NCA Polokwane

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *