⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 MAANHAARAND📌
VERMOEDELIKE PLAASAANVAL
Vrydag 6/3/2020 om 23:00 het Kobus Ferreira NCA NW Reaksie/RCCF my op Zello geroep en bystand gevra met ń moontlike plaasaanval.
Kobus het vir my ń skermskoot van die pinlocation gestuur waarna ek die Koördinate op Google getik het en die pindrop op ons NCA NW REAKSIE W/app groep geplaas het.
Alf Theron NCA NW Reaksie lid het my gehelp en ons het begin reël vir bystand.
Ek het vir Dupie van Oostermoed Beskermings Dienste gekontak en hulle het dadelik reageer waarna Dupie met my bevestig het dat voertuie sowel as K9 oppad is na die toneel.
Op die toneel moes Dupie hulle eers van ń Familie lid toestemming kry om die heining te knip om toegang tot die perseel te kry.
Dupie het ons laat weet hulle is saam met die Eienaar deur die perseel en ons kan alle bystand wat oppad is kanseleer, alles in orde.
Ons staan af om 00:23.
🤝🏻Baie Dankie🤝🏻
Alf Theron NCA NW Reaksie,
Duppie en sy span van Oostermoed Beskermings Dienste en Jaen van der Merwe NCA NW Reaksie en die Wenkomando lede wat van Rustenburg af gery het om te gaan bystand lewer.🤝🏻
Faan Swanepoel NCA NW Reaksie