6. Plaasaanval, Brits, Noordwes
NW REAKSIE BRITS PLAASAANVAL Vrydag middig om 15:32 het Francois Murray vir bystand gevra op met ń plaasaanval waar die verdagtes op soek is. Pieter de Bruin het dadelik na die toneel gegaan om meer inligting te kry in verband met die voorval en die verdagtes terwyl Francois en Carin saam met die gemeenskap gehelp […]
5. Ongeluk, Sundown/Ledig, Noordwes
8 Maart 2021 Gideon Erasmus ontvang ‘n oproep omstreeks 18:49 van Marchant, ER24. Bystand word gevra by ‘n ongelukstoneel tussen Sundown en Ledig. Gideon en Kitty het dadelik reageer en is uit na die toneel. Met aankoms was die nodige Nooddienste reeds op toneel. Die pad was versper en ‘n vrag het die pad vol […]
4. Motor Ongeluk, Boshoek, Noordwes
Sondag 7 Maart 2021 Gideon Erasmus ontvang ń oproep omstreeks 19:28 dat daar ‘n kop-aan-kop ongeluk was net buite Boshoek. Gideon en Kitty het dadelik reageer en is na die toneel waar Gideon die nodige nooddienste ontbied het. Gideon en Kitty reguleer die verkeer aangesien die pad versper was, terwyl die Owerhede en Nooddienste aandag […]
3. Gesteelde voertuig, Rustenburg/Koster, Noordwes
Vrydag 5 Maart 2021 Kitty Erasmus het Don 4 Maart 2021 ń wit VW POLO (nuwe vorm) langs die pad opgemerk maar haar nie veel gesteur daaraan nie aangesien dit dalk ouers kon gewees het wat gewag het vir die skoolbus. Vrydag oggend toe sy die kinders bustop toe vat het sy opgemerk dat die […]
2. Plaas aanval, Rhenosterfontein, Rustenburg, Noordwes
Plaasaanval Rhenosterfontein Rustenburg Om 23:24 op 2021/03/04 is Rustenburg Landelike Diens gekontak en meegedeel dat daar ‘n plaasaanval was op ‘n kleinhoewe te Rhenosterfontein. Lede van RLD en Buffelspoort Sekuriteit is ontplooi en SAPD is gekontak. Toegang is verkry deur 4 aanvallers deur oop deur. Die verdagtes was gewapen met 2 handwapens (pistole) en mashetti. […]
1. Bystand word aan dames verleen langs die pad, Magaliesburg, Noordwes
1 Maart 2020 14:14 NCA Reaksie Hoof, Faan Swanepoel, is gekontak nadat twee dames (NCA lede) 10km buite Magaliesburg, rigting Derby, ‘n slaggat getref het wat veroorsaak het dat die voertuig se voorwiel bars. Faan het onmiddelik kontak gemaak met Duppie wat dadelik een van Oostermoed Beskermingsdienste lede uitgestuur het om vir die dames die […]
11.Verdagtes vlug met koperstawe, Rustenburg, Noordwes
NCA NW Reaksie Rustenburg Noord Wes Wessel Heymans en Renier Visagie het verby Hoërskool Rustenburg gery omstreeks 00:00 op Dinsdag Oggend die 23/02/2021 en gehoor hoe mense fluit aan die agterkant van Hoërskool Rustenburg reg oorkant Kwaggaspan. Hulle het ondersoek ingestel en gevind dat Hoërskool Rustenburg se sekuriteit CST besig was met hulle honde om […]
10. Vermiste persone word gevind, Swartruggens, Noordwes
NCA NW REAKSIE SWARTRUGGENS 18 FEBRUARIE 2021 Omstreeks 8:30 het ons ‘n nood oproep ontvang deur Timothy Zietsman NCA lid. Sy broer het hom verwittig dat n vriend se broer en die vriend se seun verdwyn het. Laaste kontak was 23:15, 17 Februarie 2021, na hulle sonder brandstof gaan staan het net buite Rustenburg. Tinus […]
9. ‘n Plaas word geteister deur ‘n vlaag diefstalle, Swartruggens, Noordwes
NCA NW REAKSIE SWARTRUGGENS 11/12 FEBRUARIE 2021 Omstreeks 23:48 11 Februarie is bystand ontbied deur Nico wat geknipte drade ontdek het. Buite Swartruggens na Zeerust. Nico het ondersoek ingestel en in die modder kon hy ‘n spoor kry. Met aankoms van bystand deur Cinda, Timothy en Willie, is ons op hoogte gebring. Cinda het die […]
8. Pad bystand, Ventersdorp, Noordwes
NCA NW REAKSIE VENTERSDORP Sondag 07/02/2021 om 17:50 het Timothy Strydom ons gekontak en vir Faan bystand gevra vir ń voertuig wat onklaar geraak het so 40km buite Venterdorp op die N14. Vermoedelik koppelaar probleme. Faan het die kontak besonderhede en virtuele baken vir Rudolph Jacobs, een van ons NCA NW REAKSIE lede in Ventersdorp […]