2. Onklaar voertuig, Hennenman, Vrystaat

13/02/2021

Omstreeks 00:04 op 13 Februarie 2021 het die Vrystaat Reaksie Hoof van NCA OVS Reaksie en een van sy lede, Nico van den Heever, wat saam hom patrollie gery het gaan aflaai by die huis, daarna is ‘n voertuig wat in die pad staan opgemerk.

Daar is by die voertuig gestop en gevra of hulp benodig word. Die voertuig het sonder brandstof gaan staan. Lourens het brandstof gaan kry sodat hulle die voertuig uit die pad kon kry. Na die brandstof ingegooi is het die voertuig immers nogsteeds nie gevat nie. Lourens het toe ondersoek ingestel en gekyk wat fout kon wees waarna daar vasgestel is dat die Cam belt van die voertuig gebreuk het. Die voertuig is weggesleep uit die pad tot by die vulstasie waar daar lig is en dit veiliger is.

Van daar is vriende gekontak om hulle te kom haal. Daar is omstreeks 00:26 afgestaan op toneel nadat almal veilig was.

BAIE DANKIE

NCA OVS Reaksie

Scroll to Top