1. Verdagte met moontlike gesteelde goedere, Volksrust, Mpumalanga
01/09/2021 15:54 Dit word aangemeld dat daar ‘n verdagte met moontlik gesteelde goedere in Suid straat loop. Daar word vinnig uit beweeg en die verdagte gee mee dat hy die goedere in ‘n veld naby die golf aan opgetel het en gaan wys die Reaksie lede waar dit gevind is. BAIE DANKIE NCA Volksrust […]
11. Vasgevalde vragmotor, Volksrust, Mpumalanga
23/08/2021 16:51 Een van NCA Volksrust Reaksie MP lede benodig hulp met ‘n vragmotor wat vasgeval het langs die pad en wag vir hulp om te arriveer. Kommunikasie is egter ‘n probleem en bystand word gevra aangesien hy alleen daar is. Bystand word gelewer en daar word afgestaan op die saak toe lid veilig tuis […]
10. Brand in asblik naby Munisipale geboutjie, Volksrust, Mpumalanga
22/08/2021 19:41 Terwyl een van NCA Volksrust Reaksie MP lede ry merk hy dat daar vuur gemaak is in ‘n asblik naby ‘n Munisipale geboutjie. Hy vra vir bystand en gaan stel ondersoek in. Die mense wat daar staan gee weer dat hulle van die winkels daar naby is, hulle gaan die nabye perseel oopsluit […]
9. Onraad vermoed by woning, Volksrust, Mpumalanga
21/0/2021 01:27 Dame kontak NCA Volksrust Reaksie MP, sy is alleen tuis en is onrustig rakende geluide op die dak van die woning. Reaksie beweeg uit en alles word veilig bevind. Geen teken van onraad, wel 2 katte op die woning se dak. BAIE DANKIE NCA Volksrust Reaksie MP
8. Roof by PEP, Volksrust, Mpumalanga
19/08/2021 12:21 Inligting word ontvang van ‘n roof wat sopas by PEP plaasgevind het in Volksrust. Betrokke voertuig is opgemerk tussen Ermelo en Bethal. Die nodige kameras word nagegaan. Nodige inligting word gedeel met die omliggende gebiede. Die voertuig word afgetrek in New Castle. BAIE DANKIE NCA Volksrust Reaksie MP SAPD Volksrust Alle ander partye […]
7. Brand, Volksrust, Mpumalanga
12 Augustus 2021 18:56 Bystand word gelewer op die Vrede pad by ‘n plaas brand. Teen 19:22 is die brand geblus en staan lede af op toneel. BAIE DANKIE NCA MP Volksrust Reaksie Alle ander betrokkende partye
6. Vinnige optrede, Volksrust, Mpumalanga
12 Augustus 2021 12:19 Inligting word ontvang van ‘n verdagte wat by die kerk oor die muur gespring het, terwyl ‘n ander verdagte op die sypaadjies bly. Die kerk perseel word deursoek, die verdagte is nie daar nie, waarskynlik weer oor die muur gespring. Staan af op die saak. BAIE DANKIE NCA MP Volksrust Reaksie
5. Oplettendheid bekamp misdaad, Volksrust, Mpumalanga
11 Augustus 2021 09:11 Verdagte optrede word aangemeld en bystand word gelewer. SAPD word ontbied. Daar is twee mans wat verdag optree in ‘n woonbuurt. Hulle word betrap met gesteelde staal. Een van die verdagtes het ‘n uitstaande lasbrief vir inhegtenisneming vir huisbraak en diefstal. BAIE DANKIE NCA MP Volksrust Reaksie Volksrust SAPD
4. Brand, Volksrust, Mpumalanga
07 Augustus 2021 13:08 Rook word opgemerk en navraag word gedoen. Die veld is aan die brandgesteek, maar dis nie tans ”n bedreiging nie. Situasie word gemonitor en almal is op bystand. Omstreeks 13:32 word terugvoering gegee dat dit situasie fyn dopgehou word. Die wind het gedraai, nodige beeste is verwyder uit die area. […]
3. Verdagte word aangekeer, Volksrust, Mpumalanga
07 Augustus 2021 10:28 Verdagte word gewaar met staal en bystand word ingeroep. SAPD word in kennis gestel. SAPD hanteer die saak verder. NCA MP Volksrust Reaksie staan af. BAIE DANKIE NCA MP Volksrust Reaksie Volksrust SAPD