1. Moontlike diere mishandeling word ondersoek, Volksrust, Mpumalanga

  Inligting word ontvanf van ‘n hond wat op ‘n sypaadjie dood lê. Daar is ‘n tou aan die vas en dit wil voorkom asof iemand die hond gesleep het. Ondersoek word ingestel. Daar word bevestig dat die hond deur ‘n motor getref is en ‘n persoon in die onmiddelike omgewing het dit goed gevind […]

2. Brand word geblus, Volksrust, Mpumalanga

01/08/2021 12:57 Die veld brand by die Hoërskool en het al inbeweeg op een van die Hoërskool se velde. Daar is tans slegs 1 voertuig met ‘n vuurvegter en bystand word gevra. Terugvoering word ontvang dat lede is onderweg om by te staan. Die situasie eskaleer as gevolg van die wind wat sterker waai en […]

13. VERLATE GESTEELDE VOERTUIG GEVIND, VOLKSRUST, MPUMALANGA

  30/07/2021 20:24 Twee NCA MP Volksrust Reaksie lede gaan uit na verlate voertuig. SAPD het ook op toneel opgedaag. Die voertuig was gesteel. Saak is oorgegee aan Volksrust SAPD vir verdere ondersoek. BAIE DANKIE NCA MP Volksrust Reaksie en SAPD Volksrust

12. DAMES ONDERVIND PROBLEME MET HUL MOTOR, VOLKSRUST, MPUMALANGA

  30/7/2021 09:34 Hulp word ontbied nadat dames se motor onklaar geraak het. Die voertuig wil in aansluit nie. Ligging en die dame se kontak nommer word gedeel. NCA MP Volksrust Reaksie lid neem ‘n persoon saam wat meganiese bystand kan lewer en beweeg uit na toneel. Om 09:43 word inligting ontvang dat die dame […]

11. ONDERSOEK WORD INGESTEL, VOLKSRUST, MPUMALANGA

  28/07/2021 20:49 ‘n NCA MP Volksrust Reaksie lid gewaar ‘n man wat met ‘n wapen in die straat af stap. Ondersteuning is onderweg. Die man word sonder insidente voorgekeer en vasgestel dat dit slegs ‘n pellet is. Die man word ‘n ry geleentheid gegee na sy huis en die wetgewing word aan hom verduidelik […]

10. PRO-AKTIEWE OPTREDE, VOLKSRUST, MPUMALANGA

  28/07/2021 18:12 Inligting word ontvang van ‘n verdagte wat agter ‘n bakkie parkeer het en om die bakkie beweeg en in kyk. Die eienaar is bekend aan die informant en is nie in sy bakkie nie. Eienaar word onmiddelik in kennis gestel en NCA MP Volksrust Reaksie word bedank deur eienaar vir hulle pro-aktiewe […]

9. VERDAGTE VOERTUIG BY HOËRSKOOL, VOLKSRUST MPUMALANGA

  28/07/2021 09:53 Bystand word gevra vir NCA MP Volksrust Reaksie, daar is ‘n verdagtes in ‘n voertuig by die rugby velde van die Hoërskool, wat die kinders sit en dophou. Met aankoms op toneel word bevestig dat SAPD reeds by die voertuig gestop het en dat hulle die verdagtes ondervra. BAIE DANKIE NCA MP […]

8. VERDAGTE NEEM FOTOS, VOLKSRUST, MPUMALANGA

  27/07/2021 14:02 Bystand word gevra daar is ‘n verdagte voertuig, fotos word geneem voor huise in Suid straat. NCA MP Volksrust Reaksie reageer, maar voertuig word nie opgespoor nie. SAPD is ook in kennis gestel en hulle kyk ook uit vir die voertuig. BAIE DANKIE NCA MP Volksrust Reaksie Volksrust SAPD

7. BAKLEIERY, VOLKSRUST, MPUMALANGA

  26/07/2021 14:45 Bystand word benodig voor Moll Slaghuis, daar is ‘n bakleiery aan die gang. NCA Volksrust Reaksie lid het die situasie gemonitor tot SAPD op toneel was. SAPD het die situasie verder hanteer. BAIE DANKIE NCA MP Volksrust Reaksie Volksrust SAPD

6. Veiligheid van eienaar en voertuig word bevestig, Volksrust, Mpumulanga

25/07/2021 11:30 NCA MP Volksrust Reaksie word versoek om ‘n voertuig en eienaar se veiligheid vas te stel in Vukuzakhe, Volksrust. Twee Reaksie voertuie en lede beweeg uit na virtuele baken. Die voertuig het onklaargeraak en is met ‘n tou deur ‘n ander voertuig gesleep. Daar het fout gegaan en die twee voertuie het gebots. […]