20. Inbraak, Rustenburg, Noordwes
Maandag 25/01/2021 Om 01:29 ontvang Dawid Erasmus ‘n oproep van die eienaar van Plot 45 dat daar sopas by hom ingebreek is! Dawid is soontoe en het vir bystand gevra op die Rietvlei/Donkerhoek Zello groep van NCA. Hy het intussen die spoor gevolg en gekry waar hulle toegang tot die erf gekry het deur n […]
19. Verdagte, verlate voertuig, Rustenburg, Noordwes
Sondag 24/01/2021 om 12:32 het Dawid Erasmus’ n voertuig op die NCA Donkerhoek/Rietvlei groep geplaas wat verdag gelyk het. Gideon Erasmus het hom gekontak en gesê om te laat weet dat hy op pad is. Met sy aankoms het hy Dawid en Johan daar gekry waar die voertuig staan. Dawid het gesê dat daar ‘n […]
18. Soektog na vermiste jong man, Groot Marico, Noordwes
22 Januarie 2021 Omstreeks 17:52 ontvang ons ‘n boodskap op NCA Noordwes Reaksie dat hulp benodig word met die soektog na die 24 jarige Vicky Maré wat vermis word. Sy bakkie is omstreeks 11:00 langs ‘n klein plaas dam gevind. Boet Vermaak met sy K9 honde het Willie Human en sy K9 kom oplaai […]
17. Verdagtes om huis in middernagtelike ure, Rustenburg, Noordwes
21/01/2021 Natalie Grant van NCA NW Reaksie se seun het haar 23:45 geskakel om te kom bystand lewer. Daar het ‘n verdagte oor die heining geklim van die huis vriende waar hy oornag het. Hulle het hom wegfejaag maar hy het net weer terug gekom. NCA NW is op bystand geplaas. Haar seun het die […]
16. Huis roof, Rustenburg, Noordwes
20 Januarie 2021 Tyd ontvang: 11:06vm Tyd op toneel: (reeds op toneel vanaf boodskap ontvang) Tyd afgestaan: 12:35nm Die boodskap van Megan was ontvang dat daar ‘n geel golf betrokke was in ‘n huis roof. Die huis hulp is aangerand en haar handsak is gesteel met alles in. Dit het na 8:00vm vanoggend gebeur. Die […]
15. Opvolg: ADT Sekuriteits installering, verdagte voertuig, Rustenburg, Noordwes
20 Jan 2021 Wentzel Jansen van Vuuren het 16:53 die blou verdagte motor op gemerk en vir bystand gevra waarop Boet en Trudie Vermaak, Willie Human en Andries Grobbelaar gereageer het. Die voertuig met twee verdagte mans is afgetrek by Safari tuine. ADT se Reaksie is ontbied waarop ADT se Area Bestuurder Mnr Maurice […]
14. Voertuig inbraak, Rustenburg, Noordwes
Op Woensdag 20/01/2021 01:55 het Dawie Erasmus verneem dat daar by een van die inwoners in die Donkerhoek/Rietvlei area, iemand besig was om by sy bakkie in sy erf in te breek. Die venster was reeds gebreek. Niks is egter gesteel nie. Die eienaar het ‘n beskrywing van die inbreker gee. Ons het die area […]
13. Kabel diefstal afgeweer, Rustenburg, Noordwes
Dinsdagaand 19/01/2021 Ongeveer 23:45 is ‘n boodskap van Johan Cronje van die DA ontvang, oor moontlike kabel diefstal regoor 3 Ankers by die hoenderplaas. Op toneel is daar definitief bevind dat daar ‘n poging aangewend word om krag kabel te steel. Die kabel was besig om te brand as gevolg van iemand wat n vuur […]
12. Skurke poog om onder die wanindruk van Sekuriteits herinstallering toegang tot perseel te verkry, Rustenburg, Noordwes
Datum: 19 Januarie 2021 Willie Human het ń boodskap ontvang van ‘n dame dat daar ń ou blou Toyota voertuig voor hulle hek was. Twee mans het uitgeklim. Die dame se man het hulle gekonfronteer. Hulle het gesê hulle is daar om die ADT Sekuriteits alarm te herinstaleer. Die dame het vlink gedink ADT […]
11. Voertuig met gesteelde goedere aangekeer, Koster/Rustenburg, Noordwes
19 Januarie 2021 Tyd: 13:50 Ek is gekontak deur GPF Lichtenburg oor ‘n Combi wat vermoedelik gesteelde goed by hulle het. Hulle was besig in Lichtenburg en toe hulle die mense gewaar het hulle weggejaag, rigting Koster. Ek het Koster SAPD en Verkeer genader om te help om hull af te trek, die verdagtes het […]