3. Vermiste persoon, Suidkus, KwaZulu Natal
KZN Reaksie NCA Suidkus 16/11/2022 Vermiste persoon Suidkus lid ontvang informasie van vermiste jong man. Ondersoek word ingestel. Jong man word opgespoor, veilig en familie word in kennis gestel.
2. Onreëlmatige gedrag van dame
KZN Reaksie NCA Suidkus 13/11/2022 Onreëlmatige gedrag van dame NCA KZN Reaksie lid van Suidkus word genader vir bystand by ‘n winkel waar ‘n dame wat onder die invoeld is van alkohol of dwelms is, wangedrag toon deur goed om te gooi. Sy het na bewering ook mense se voertuie geskop. Maser Sekuriteit word gekontak […]
1. Verdagte voertuig in oprit, Noordkus, KwaZulu-Natal
KZN Reaksie NCA Noordkus 8/11/2022 NCA KZN Reaksie word genader om ondersoek in te stel na ‘n voertuig wat in klaer se oprit staan. NCA KZN Reaksie vind dat die bestuurder onder die invloed van alkohol aan die slaap geraak het. SAP word ontbied. NCA KZN Reaksie onttrek nadat SAP die toneel oorgeneem het. […]
4. Gesoekte verdagte gearresteer, Margate, KwaZulu-Natal
KZN Reaksie NCA Suidkus NCA KZN Reaksie het inligting ontvang van ‘n verdagte vrou wat betrokke is by verskeie oortredings. Onder andere winkel diefstal en huisbraak. Inligting het aangedui dat verdagte vanaf Johannesburg na Suidkus gevlug het. Vir geruime tyd was daar geen sig van verdagte. Op 27 Oktober was het een van NCA KZB […]
3. Verdagte vas vir skrootmetaal, Suidkus, Kwa-Zulu Natal
NCA Reaksie KZN Suidkus 8 Oktober 2022 het ‘n Reaksie lid informasie ontvang wat verdagte pad tekens uit die grond grawe om op te sny en te verkoop as skrootmetaal. Verdagte was betrap en in hegtenis geneem en aan SAP oorhandig.
2. Moontlike kabel diefstal, Suidkus, Kwa-Zulu Natal
NCA Reaksie KZN Op die 8ste Oktober het Reaksie lede van Suidkus KZN informasie ontvang van moontlike kabel diefstal. Lid is uit na toneel waar verdagte betrap is in besit van kabels wat hy reeds besig was om die plastiek af te probeer brand. Verdagte is in hegtenis geneem en aan SAP oorhandig.
1. Bystand by brand, Empangeni, Kwa-Zulu Natal
NCA Reaksie KZN Empangeni Op 6 Oktober 2022 het Reaksie lede van Empangeni informasie ontvang van brande in die omgewing. Lede is uit na toneel, brandweer was op toneel en vure was geblus alhoewel Reaksie lede agter gebly het om ander kleiner vure te blus. Baie dankie vir almal se betrokkenheid.
1. Vermiste meisie gevind, Margate, KZN
NCA Reaksie Suidkus KZN 11/09/2022 Margate Vermiste meisie gevind Het berig ontvang van ‘n vermiste 17 jarige meisie wat moontlik in Margate omgewing is. Lede het verdere info ontvang van ‘n moontlike plek waar sy kan wees saam haar vriend. ‘n Reaksie lid het uitgegaan na die perseel waar die jong meisie gevind is. Baie […]
2. Dwelm verslaafde, Marina Beach, Kwa-Zulu Natal
KZN Reaksie NCA Marina Beach 26/08/2022 19:35 Vanaf vanoggend 03:00 gesukkel met ‘n dwelmverslaafde wat probeer ontsnap het, tans in Rehabilitasie Sentrum ingeteken vir behandeling Baie dankie vir almal betrokke
1. Verdagte aangekeer, Empangeni, Kwa-Zulu Natal.
KZN Reaksie NCA Empangeni Tyd: 08:09 Datum : 24/08/2022 Alarm is gemaak op Whatsapp groep van twee verdagtes met gesteelde gasbottels. Een verdagte is aangekeer, die ander verdagte het weg gekom. Gasbottels is gekry. Eienaar is tans by Polisie stasie om saak oop te maak. Dankie vir almal betrokke