1. Aanval Rietvlei/Donkerhoek, Rustenburg, Noordwes

  02/01/2022 09:06 ‘n NCA NW Reaksie lid was op patrollie gedurende die aand van 01/01/2022. Hy het ‘n skoot gehoor, naby ‘n plot en teen 01:48 het hy ‘n WhatsApp gekry waar om hulp gevra word, want die oom is in die bed gesteek en die tannie in die gesig geslaan met ‘n spanner […]

9. Poging tot inbraak, Rietvlei/Donkerhoek, Rustenburg, Noordwes

  29/12/2021 01:30 Twee verdagte mans wat opgemerk is op CCTV kameras, word ongeveer 01:30 aangemeld. NCA NW Rietvlei/Donkerhoek Reaksie lid het patrollie gaan ry, maar niemand gewaar nie. Berig word ontvang van ‘n inbraak en daar word bevestig dat daar 2 verdagte jong mans was. Nog ‘n berig word ontvang van ‘n poging tot […]

8. Dame gaan staan met ‘n pap band, Ventersdorp, Noordwes

  23/12/2021 14:29 ‘n NCA lid vra bystand vir ‘n familie lid wat ‘n pap band net buite Ventersdorp het. NCA NW Ventersdorp Reaksie maak kontak met die dame en omstreeks 14:43 is ‘n Reaksie lid by haar. Die wiel word omgeruil. Daar word reëlings getref deur haar ouer om die stukkende band te herstel […]

7. Inbraak, Rietvlei, Rustenburg, Noordwes

  23/12/2021 04:15 NCA NW Reaksie is verwittig van ‘n huis inbraak op ‘n plot by Rietvlei. Die inbrekers het toegang tot die woning verkry deur ‘n skuifdeur oop te forseer. SAPD is deur Namola ontbied. Weens die reën was daar nie spore gevind nie. ‘n Skootrekenaat, selfoon, ID, lisensie, bankkaarte is gesteel. Die TV […]

6. Huisroof, Rietvlei/Donkerhoek, Rustenburg, Noordwes

  20/12/2021 01:33 ‘n Huisroof is aangemeld en hulp is ontbied. Op toneel is bevind dat die verdagtes reeds gevlug het. ‘n Beskrywing van die verdagtes is deurgegee. Twee mans, in hulle twintigs, het die veligheids hek se viro tipe slot gebreek en die skuifdeur oopgeskuif.Een het ‘n Die een het n by hom gehad […]

5. Verdagte voertuig, Donkerhoek, Rustenburg Noordwes

  13/12/2021 21:30 ‘n Verdagte voertuig is gerapporteer op die Donkerhoek pad tussen Rusties Lodge en Kloof. ‘n Dame se voertuig het onklaar geraak. Die dame se man is dadelik in kennis gestel en hy het te kenne gegee dat hy verder sal bystand lewer. NCA NW Reaksie staan af op toneel toe die man […]

4. Rusverstoring, Rietvlei/Donkerhoek, Rustenburg, Noordwes

  12/12/2021 14:45 Daar was ‘n groot byeenkoms op ‘n plot, Rietvlei/Donkerhoek area. Namola is genader om SAPD te ontbied. SAPD het met die Organiseerder gaan praat oor die geraas. Deur die loop van die aand het SAPD nog 3 keer uitgekom as gevolg van die rusverstoring totdat die byeenkoms 13/12/2021 om 04:00 verdaag het. […]

2. Besigheid benodig bystand tydens staking, Rustenburg, Noordwes

  06/12/2021 13:30 NCA NW Reaksie lid is gekontak om bystand te bied by ‘n Besigheid waar Stakers dreig om hekke oop te breek. Op toneel het die NCA NW Reaksie lid met die Stakers sowel as die Bestuurder van die Besigheid onderhandel en die saak is opgelos en ontlont. SAPD het op toneel gearriveer […]

1. Plaashuis brand, Lichtenburg distrik, Noordwes

30/11/2021 08:09 ‘n Brand in plaashuis het ontstaan en NCA NW Buffels/Rooipoortjie Reaksie is ontplooi. Geen beserings en geen mediese bystand was benodig nie. Die vuur is geblus en staan om 13:28 af op toneel. BAIE DANKIE NCA NW Buffels/Rooipoortjie Reaksie